Ontsoutingsaanleg, tweede, kom vir die kus

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, het bevestig dat ‘n tweede ontsoutingsaanleg aan die kus in samewerking met NamWater gebou sal word. Dit vorm deel van ‘n uitgebreide konsultasie-proses wat in samewerking met die omgewingskonsultante SLR gedoen is. Schlettwein sê daar word beoog om ‘n modulêre ontsoutingsaanleg op te rig om water aan die sentrale gebiede te verskaf en ook om watervoorsiening uiteindelik aan Botswana te bewerkstellig. Die Orano-ontsoutingsaanleg naby Wlotzkasbaken is tans die enigste aanleg in Namibië en is die grootste in Suider-Afrika. Dit verskaf byna 50 persent van vars water aan die streek asook verskeie myne, insluitend Rössing-uraanmyn.