Onvoorwaardelike ontbanning van politiek partye in Eswatini geëis

Die Kommunisteparty van Swaziland eis die onvoorwaardelike ontbanning van alle politieke partye in Eswatini, te midde van ander bevrydingstappe. Die party sê hy sal dié jaar sy veldtog verskerp teen die ondemokratiese verkiesing, wat hy sê net bedoel is om ‘n strooipop-parlement vir die absolute monargie te skep. Die internasionale sekretaris van die party, Pius Vilakati, sê Mswati se outokrasie gebruik die verkiesing om internasionaal finansiële, politieke en ander steun in te win: