Onwettige inlywingskole onder die loep
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Noordwes bied vandag ‘n beleidsgesprek in Taung in die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit aan. Die tema is Onwettige inlywingskole in Suid-Afrika en die gevare vir seuns en jongmans sal bespreek word. Die provinsiale bestuurder, Joyce Khutswane sê die kommissie het in 2021 met die studie begin om vas te stel watter gevare seuns en jongmans in die gesig staar tydens die inlywingsproses.