Oostenrykse regering stem vir verpligte inentings – vir almal

Oostenryk het die eerste Europese land geword om inenting teen Covid-19 vir volwassenes van volgende maand af verpligtend te maak. Dit volg nadat die parlement die wet op verpligte inenting met ‘n meerderheid van 137 teen 33 aanvaar het. Tot op hede is sowat 72 persent van die Oostenrykse bevolking van 8,9 miljoen ten volle teen Covid-19 ingeënt. Die mandaat sal na verwagting geldig wees tot in Januarie 2024. Die minister van gesondheid, Wolfgang Mueckstein, noem die maatreël ‘n groot, en vir die eerste keer ook ‘n volhoubare stap in Oostenryk se stryd teen die pandemie.