Ope: Alcaraz maak korte mette met Evans
Carlos Alcaraz is deur na die vierde ronde van die Amerikaanse Ope na hy Dan Evans met 6-2, 6-3, 4-6, 6-3 uitgeskakel het. Die Spanjaard het vroeg reeds korte mette met die 26ste gekeurde Brit gemaak, voor Evans teruggeveg en Alcaraz sy eerste stel van die toernooi afgestaan het. In die vroue-afdeling speel die Amerikaner Coco Gauff vandag in die vierde ronde teen Caroline Wozniacki van Denemarke. Die sesde gekeurde Gauff het Elize Mertens van België met 3-6, 6-3, 6-0 verslaan om haar aanslag vir ‘n eerste Grand Slam-titel voort te sit.