Opleiding word oor houtskool-verbranding aangebied
Die Houtskool-vereniging van Namibië bied môre ‘n tweede gevorderde lesing aan oor houtskool-verbrandingstegnieke. Dit word by die Charcoal Village langs die Makarra Bush Products-aanleg buite Otjiwarongo vanaf die oggend nege-uur tot na middagete aangebied. Toegangsfooie beloop 1 000 Namibiese dollar vir twee persone en besprekings moet vooraf gedoen word. Die voorsitter van die vereniging, Michael Degé sê aan Kosmos 94.1 Nuus opleiding sal op plase verskaf word.