Oranjerivier bruis
Die Oranjerivier is ná die goeie reën in Suid-Afrika in vloed en kom sterk af by Oranjemund. Die Distrikspad 212 tussen Rosh Pinah en Aussenkehr is tans tot verdere kennisgewing gesluit. Die Paaie-owerheid sê die watervlakke by veral die Visrivierbrug het sy maksimum hoogte bereik. Die publiek moet van die Keetmanshoop-Aus-Rosh Pinah-roete gebruik maak totdat die watervlakke gedaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Attie Stoltz van Oryx Gastehuis op Oranjemund gesels.