Oscar Pistorius kry nie parool
Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se parool-aansoek is deur die departement van korrektiewe dienste afgekeur. Sy aansoek sal weer oor ‘n jaar oorweeg word. Reeva Steenkamp se ma, June, het haar vertoë gerig by sy paroolverhoor in die Atteridgeville korrektiewe sentrum in Pretoria. Sy sê die gesin is steeds getraumatiseerd en het vra dat haar dogter se moordenaar nie ‘n vroeë vrylating toegestaan word nie. Die Steenkamps se regsverteenwoordiger, Tania Koen, sê die familie rou steeds.