Oscar Pistorius se paroolverhoor glo binnekort
Oscar Pistorius se paroolverhoor sal na wat berig word op 31 Maart plaasvind. Die voormalige Paralimpiese kampioen dien tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013 in sy huis in Pretoria. Hy het reeds meer as die helfte van sy vonnis van 15 jaar vir moord uitgedien nadat hy aanvanklik net skuldig bevind is aan strafbare manslag. Pistorius het tydens sy verhoor volgehou hy het Steenkamp verkeerdelik aangesien as ‘n inbreker toe hy haar deur die badkamerdeur, wat gesluit was, geskiet het.