Osino Resources kry goedkeuring vir verkryging deur Shanjin

Osino Resources sê hy het finale goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie ontvang vir sy verkryging deur Shanjin International, formeel Yintai Gold. Osino bedryf die Twin Hills goudprojek naby Karibib. Shanjin alle uitstaande aandele van Osino vir 13 Namibiese dollar en 4 sent per aandeel verkry. Shanjin het hom verbind tot ‘n onmiddellike kontantinspuiting van 193 miljoen Namibiese dollar vir Osino se bedrywighede, tesame met volle terugbetaling van die beëindigingsfooi wat aan Dundee Precious Metals betaal is. Die goedkeuring is verkry op 16 Augustus en is die laaste vereiste stap vir die transaksie, wat na verwagting teen 29 Augustus afgehandel sal word.