Osona-brand versprei ooswaarts
Die brand wat gistermiddag net noord van die skietbaan by die Osona-weermagbasis ontstaan het, brand steeds. Die vuur het aanvanklik gister in ‘n suidoostelike rigting beweeg maar het gedraai en beweeg tans noord in die rigting van Von Bachdam. Die brand is ook sigbaar ver agter die koppies net oos van Okahandja.