Outapi gereed vir 33ste Onafhanklikheidsvieringe

Vanjaar se Onafhanklikheidvieringe van Namibië op 21 Maart sal by die Olufuko-sentrum op Outapi in die Omusati-streek plaasvind. President Hage Geingob sal die gaste tydens die 33ste vieringe onder die tema “A people United for Prosperity” toespreek. Erginus Endjala, goewerneur van die streek, sê hulle verwag dat byna 15 000 mense na die streek sal kom vir die vieringe. Kosmos 94.1 Nuus het met die polisiebevelvoerder van die Omusati-streek, kommissaris Ismael Basson gepraat of sekuriteitsreëlings in plek is.