Paaie in Suide gaan dalk weens oorstromings sluit

Die Namibiese Paaie-owerheid sê die bogemiddelde reënval in Suid-Afrika kan veroorsaak dat die Oranjerivier weer begin oorstroom. As gevolg hiervan waarsku die owerheid gemeenskappe langs die Oranje dat sekere paaie in die Suide moontlik gesluit sal word, naamlik Distriksweg 212 tussen Aussenkehr en Rosh Pinah en hoofweg 118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund.