Pakistanse hokkievrou sterf ná boot sink
Owerhede in Pakistan sê ‘n voormalige lid van die land se nasionale vroue-hokkiespan, die 27-jarige Shahida Raza, is onder die minstens 67 mense wat die naweek dood is toe ‘n migranteboot langs die kus van Italië gesink het. Daar was na raming tot 200 mense aan boord toe die houtboot te midde van rowwe seetoestande gesink het. Die slagoffers sluit 16 kinders in. Volgens Italiaanse owerhede was meeste van die migrante van Afghanistan afkomstig, maar was daar ook burgers van Pakistan, Sirië, die Palestynse gebiede, Iran en Somalië aan boord.