Pensioenarisse in slenter geteiken
Die Erongo-polisie sê daar is ‘n slenter in Walvisbaai wat Duitssprekende pensioenarisse teiken. Volgens Inspekteur Ileni Shapumba is daar reeds vyf sake gedurende Januarie gemaak en meer as 320 000 Namibiese dollar is gesteel. Dit wil voorkom asof die slenter verband hou met Telecom dienste. In een geval is amper 100 000 dollar gesteel en in ‘n ander geval is 119 000 dollar weg. Lede van die publiek word gewaarsku om nie bank besonderhede te deel nie en om versigtig te wees vir verdagte oproepe.