Perde-uitvoere na EU word hervat

Die DA in die Wes-Kaap het die hervatting van regstreekse perde-uitvoere na die Europese mark verwelkom. Noko Masipa van die DA sê die direkte uitvoer van perde na Europa is sedert 2010 verbied weens kommer oor Afrika-perdesiekte. Hy sê die Europese Unie is tevrede met die versekering en waarborge wat deur die sektor en die provinsiale regering verskaf word met betrekking tot beheer- en risikoverminderingsmaatreëls: