Persoonlike lenings, kredietkaartskuld hoog

Persoonlike lenings, ander lenings en voorskotte soos kredietkaart-skuld was die belangrikste dryfvere van huishoudelike skuld in Namibië in Januarie. Volgens die verslag van die privaatsektor se kredietverlening vir Januarie, staan huishoudings se skuld nou op 65,1 miljard Namibiese dollar, sowat 36 persent van die BBP. Korporatiewe skuld is 45,5 miljard dollar en nie-inwoners se skuld is op 7,5 miljard dollar. Ekonoon Theo Klein van Simonis Storm gesels met Kosmos 94.1 Nuus…