Phala Phala-swaard hang steeds oor Cyril se kop
President Cyril Ramaphosa sê sy mislukte poging om die parlement se verslag oor die Phala Phala-kwessie te betwis, is nie ‘n “slag” nie. Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die Konstitusionele Hof se afwysing van die poging het geen invloed op die werklike saak nie. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê Ramaphosa sal nou met sy regspan vergader om sy keuses te oorweeg.