Plaasmoorde neem weer in SA toe

Plaasmoorde steek weer kop uit in die buurland. AfriForum het ‘n dringende beroep op boere en plattelandse inwoners gedoen om hul veiligheid te verbeter. Dit volg nadat minstens sewe plaasmoordsake die afgelope week aangemeld is. AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê Hennie en Anneke Claassen is op hul plaas naby Ohrigstad in Limpopo gemartel en vermoor, terwyl Pierre en Belinda de Kock ook die afgelope naweek op hul plaas naby Piketberg in die Wes-Kaap vermoor is. Broodryk het ‘n beroep op die regering gedoen om erkenning te gee aan die erns van die probleem: