Pochettino is nuwe hoofafrigter van Amerika se manspan
Sokker: Die voormalige afrigter van Tottenham en Chelsea, Mauricio Pochettino, is aangestel as hoofafrigter van Amerika se nasionale manspan. Hy vervang Gregg Berhalter, wat in Julie afgedank is. Die 52-jarige Argentyn sal die land na 2026 se Wêreldbekertoernooi lei wat in Amerika, Kanada en Mexiko plaasvind. Amerika se sokker-sportdirekteur, Matt Crocker, sê Pochettino is ʼn reeks-wenner met ʼn groot passie vir die ontwikkeling van spelers.