Pole stuur 14 tenks na Oekraïne
Pole stuur glo vandag die eerste van 14 Leopard 2-tenks na Oekraïne wat hy beloof het. Die Poolse premier, Mateusz Morawiecki, sal na verwagting die aankondiging tydens sy besoek aan Kiëf doen. Die Poolse premier se besoek is in ondersteuning van Oekraïne wat vandag ‘n jaar gelede deur Rusland ingeval is.