Politici se name in Vrede-plaas-skandaal moes versteek word

Ondersoekers na die Vrede-suiwelplaas-skandaal het na bewering opdrag gekry om politici wat by die saak betrek word, se name uit die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se finale verslag te verwyder. Dit is tydens die parlementêre ondersoek in die ampsklagsaak teen Mkhwebane onthul deur ‘n gewese senior ondersoeker in die Openbare Beskermer se kantoor, Tebogo Kekana. Hy beweer Mkhwebane het opdrag gegee dat hulle nie negatiewe bevindings teen politici maak nie. Hierdie politici sluit in die destydse Vrystaatse premier, Ace Magashule, en die provinsie se voormalige LUR vir Landbou, Mosebenzi Zwane: