Pollard het geen idee oor sy toekoms

Rugby: Die Springbok-losskakel Handré Pollard sê sy kontrak verstryk binnekort, maar hy is steeds onseker oor sy toekoms by Leicester Tigers. Die 30-jarige Pollard het in 2022 by die Engelse klub aangesluit en 22 keer vir hulle uitgedraf, waarvan vier in hierdie seisoen was. Daar word bespiegel dat hy na Suntory Sungoliath in Japan kan skuif waar hy by sy Bok-spanmaat, Cheslin Kolbe, sal aansluit. Pollard het aan die BBC gesê hy hoop sy kontraksituasie word gou afgehandel.