Pos vir nuwe Nascam-hoof reeds geadverteer

Die raad van direkteure van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Skrywers van Musiek, bekend as Nascam, het sy proses begin om na ‘n nuwe uitvoerende hoof te soek. Dit volg ná die bedanking van die liggaam se jarelange hoof, John Eino Max. Die nuwe hoof moet die sukkelende Namibiese musiekbedryf na ‘n beter toekoms lei. Daar word reeds vir die pos geadverteer en die sluitingsdatum vir aansoeke is 16 Maart.