Potter skuldig aan manslag in Wright-moord
Die Minnesota polisiebeampte wat in April vanjaar Daunte Wright doodgeskiet het tydens ‘n roetine stop-en-ondersoek aksie, Kimberly Potter is skuldig bevind aan manslag. Potter, 49, sê sy het Wright, 20 jaar oud, per ongeluk doodgeskiet – sy was onder die indruk dat sy haar Taser in haar hand gehad het, maar het haar wapen uitgehaal en die sneller getrek. Sy sal op 18 Februarie gevonnis word en kan tot 15 jaar tronkstraf opgelê word. Sy het berou in die hof getoon en het verskeie male tydens haar getuienis gehuil en gesê sy is jammer.