Pravin Gordhan kry spesiale amptelike begrafnis

President Cyril Ramaphosa het aangekondig die struggle-strydros en voormalige kabinetsminister Pravin Gordhan sal Donderdag op ‘n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie 2 ter ruste gelê word. DIe 75-jarige Gordhan het gedien as minister van Finansies en van Staatsondernemings. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die president het Gordhan geloof vir sy toewyding aan die bevryding van Suid-Afrika van apartheid.