Premier van Vrystaat vra vir heropbou van ekonomie

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, sê die Covid-19-pandemie het ‘n groot uitwerking op die ekonomie van die provinsie gehad. Ntombela het in haar provinsiale rede gesê die pandemie het verskeie munisipaliteite geraak en hul werk tans daaraan om verskeie diensleweringskrisisse te versag, insluitend riool in die strate, swak watervoorsiening en wanbestuur. Die premier sê hulle werk ook aan maniere om armoede en werkloosheid te bekamp.