Produsente moet onthou om gesondheidsverklarings in te dien

Die Namibiese Landbou-unie sê boere moet onthou om gesondheidsverklarings in te dien. Die dieregesondheidsverklaring is ’n amptelike verklaring wat elke ses maande deur alle veeboere ingevul moet word. Die tydperke waarvoor verklarings voltooi word, is van Januarie tot Junie en Julie tot Desember van elke jaar. Dit is verpligtend dat die verklarings binne 30 dae ná die einde van elke verslagperiode ingedien moet word. Produsente word dus daaraan herinner dat Julie tot Desember se verklarings teen 31 Januarie ingedien moet word.