Protea-vroue wen maklik teen Bangladesj

Krieket: Die Protea-vroue het gister maklik ‘n sewe-paaltjie oorwinning in hulle T20 Wêreldbekerwedstryd teen Bangladesj in die Dubai Internasionale Stadium ingepalm, met nog 16 balle oor. Bangladesj het die loot gewen en gedissiplineerde boulwerkdeur die Proteas het hulle beperk tot 106 vir drie. Die Suid-Afrikaners het die teiken bereik na 17 beurte en twee balle met die Speler van die Wedstryd, Tazmin Brits, wat 42 lopies bygevoeg het van 31 balle af. Die oorwinning plaas die Suid-Afrikaners bo-aan die punteleer in Groep B, bo die Wes-Indies wat nog Dinsdag teen Engeland moet speel.