Publiek moet bedag wees, misdaad neem toe

Daar is volgens berigte kommer oor die opwaartse neiging van kriminele aktiwiteite in die hoofstad en elders in die land. Gewapende rooftogte, slenters en meer neem toe. Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die publiek bedag moet wees op kriminele se bedrywighede.