Putin het misluk – Biden
Die Amerikaanse President Joe Biden het belowe Amerika sal saam met Oekraïne staan so lank as wat dit nodig is. Hy sê vryheid is van onskatbare waarde en die moeite werd om voor te veg. Biden het ‘n verrassingsbesoek aan Kiëf gebring, sy eerste aan Oekraïne sedert die Russiese inval byna ‘n jaar gelede. Die besoek was ‘n dag voor President Vladimir Putin se beplande groot toespraak waar hy na verwagting Rusland se doelwitte vir die tweede jaar van die inval sal uiteensit. Biden sê Putin se veroweringsoorlog het misluk.