Putin waarsku oor oorlog met Navo

Die Russiese president, Vladimir Putin, waarsku indien die Weste vir Oekraïne toelaat om wapens met ‘n langer reikafstand te gebruik om teikens binne sy land te tref, sal dit die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie in ‘n oorlog teen Rusland laat beland. Die Moscow Times berig Putin het reageer nadat die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Antony Blinken, beloof het Washington sal Kiev se herhaalde versoek oorweeg om wapens wat die Weste voorsien, binne Rusland te gebruik.