Ramaphosa aanvaar adjunkminister se bedanking

President Cyril Ramaphosa het David Mabuza se bedanking as parlementslid aanvaar, wat volgens wet ook beteken dat hy nie meer die land se adjunkpresident is nie. Mabuza het sy bedankingsbrief aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, oorhandig, wat bespiegelings oor ‘n naderende kabinetskommeling laat toeneem het. Mabuza se bedanking is verwag sedert Paul Mashatile hom in Desember vervang het as adjunkpresident van die ANC. Ramaphosa het Mabuza bedank vir sy uitsonderlike diens aan die land die afgelope vyf jaar.