Ramaphosa: SA wil betrekkinge met Uganda versterk

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om bilaterale betrekkinge met Uganda te versterk. Die Ugandese president, Yoweri Museveni, is in die land vir ‘n tweedaagse staatsbesoek – sy eerste sedert 2011. Ramaphosa sê beide lande sal voortgaan om ‘n rol te speel in konflikoplossing aangesien samesprekings oor tussen-kontinentale vrede deel van die sakelys is.