Ramaphosa sê Suid-Afrika het talle uitdagings

Suid-Afrika vier vandag sy 28ste Vryheidsdag. President Cyril Ramaphosa het gesê die land moet herbou word, ondanks die groot uitdagings die afgelope twee jaar, soos onder meer die Covid-pandemie, die Julie-onluste en nou die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal.