Rampbestuurspanne in vloedgebiede in Oos-Londen ontplooi
Die Buffalo City Metro in die Oos-Kaap het rampbestuurspanne in vloedgeteisterde gebiede ontplooi. Die munisipaliteit is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag ná aanhoudende swaar reënbuie in en om Oos-Londen. Die munisipaliteit werk ook saam met die provinsiale departement van menslike nedersettings om gesinne wie se huise ineengestort het of deur die stortreën verwoes is by te staan. Die metro se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê die departement se spanne is gereed en sien om na probleme met elektrisiteit- en water.