Recon het onwettig vir water geboor – Calle
Die landbouminister Calle Schlettwein het aan plaaslike media gesê dat hy ‘n vergadering neergelê het met die bestuur van ReconAfrica. Volgens berigte is die Kanadese oliereus nie in besit van ‘n permit om vir water te boor vir sy industriële bedrywighede in die Kavango-gebied nie. Schlettwein het aan die Namibian-dagblad gesê hy is baie ontevrede oor hoe die kwessie van water in die omgewingsimpakstudie hanteer is. Die maatskappy het reeds in Januarie vanjaar begin eksploreer vir olie en het eers in Junie ‘n water permit bekom. Volgens berigte is Schlettwein se amptenare ook toegang tot die perseel belet toe hulle ondersoek wou instel. Schlettwein sê hy die bestuur van die maatskappy daaraan herinner dat hulle regulasies moet nakom of hulle werk sal gestaak word.