Recon wil nog 12 putte boor – maar is daar geld?

ReconAfrica beplan om nog 12 putte in die Kavango Oos- en Wes-streke te boor. Tot dusver het die Kanadese olie-reus drie putte in 2021 en 2022 geboor wat almal onsuksesvol was. Die koste van die putte het tot dusver 445 miljoen Namibiese dollar beloop. Plaaslike media berig dat die bestuur van die maatskappy reeds onder druk is as gevolg van die besteding. Die eksplorasie-werk is reeds baie omstrede en insette kan gelewer word maar moet voor 27 Februarie ontvang word. ‘n Nuwe klaringsertifikaat moet ook by omgewingsake bekom word. Volgens wat berig word kan daar dalk te min fondse wees om nog 12 putte te boor. Daar is skuld wat ophoop en blykbaar is daar net 986 miljoen dollar in beleggersfondse oor.