Regering appelleer teen sodomie-beslissing

Die regering gaan appelleer teen die hoërhof se beslissing dat die sogenaamde sodomie-wet ongrondwetlik is. Die kantoor van die staatsprokureur het vroeër die week kennis hiervan gegee. Regters Shafimana Ueitele, Claudia Claasen en Nate Ndauendapo het op 21 Junie beslis dat die wet neerkom op onbillike diskriminasie en dus, ongrondwetlik is. Die hof het gesê dat die definisie van sodomie seksuele gedrag tussen mans kriminaliseer en dat dieselfde seksuele gedrag nie ‘n oortreding wanneer dit tussen ‘n man en vrou of tussen twee vroue plaasvind nie.