Regskenner reageer op die terugtrek van klagtes teen Coenraad Strydom

Reaksie word ontvang nadat die moordsaak teen Coenraad Strydom van Walvisbaai uitgegooi is. Die saak het Donderdag voorgekom en vir die soveelste keer was die uitslae van die toetse vir buskruitreste van monsters wat van Coenraad se hande geneem is, steeds nie gereed nie. Hy was aangekla van die moord op sy vrou Engela op 4 November 2021 op die kusdorp. Die masjinerie by die polisie se forensiese-instituut is stukkend. Die staat is herhaaldelik oor die vertraging gewaarsku. Toni Hancox, direkteur by die Regshulpsentrum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.