Reuse-soektog na vermiste Ariamsvlei-konstabel

Daar is geen nog spoor van konstabel Dominikus Swartbooi van die Ariamsvlei-polisiestasie wat al meer as ‘n maand vermis word nie. ‘n Soektog deur Span Soek Swartbooi is oor ‘n groot gebied van stapel gestuur, insluitend op plase by Ariamsvlei. Hy is van die Lüderitz-polisiestasie na Ariamsvlei oorgeplaas waarna hy op 4 April vermis geraak het. Span Soek Swartbooi is ‘n sending wat deur gemeenskapslede van Lüderitz saam met die familielede georganiseer word. Nampol se Spesiale Veldmag en polisiebeamptes van Ariamsvlei, insluitend die stasiebevelvoerder het by gemeenskapslede van Ariamsvlei, Karasburg, Keetmanshoop en Lüderitz het aangesluit in die soektog. Die publiek word versoek om na vore te kom met enige inligting wat sal lei tot die opsporing van Swartbooi.