Reuse waterstof-gaswolke in die heelal
‘n Internasionale span onder leiding van die sterrekundiges Gyula Józsa, Michelle Cluver en Thomas Jarrett het gebruik gemaak van die Suid-Afrikaanse MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap. Hulle het ondersoek ingestel na ‘n geheimsinnige ketting waterstof-gaswolke so groot soos ‘n massiewe sterrestelsel. Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Radio-sterrewag, Khulu Phasiwe, sê die ophoping van soveel elementêre waterstof sonder gepaardgaande ster-komponente is die grootste wat tot dusver ontdek is.