Rooikruis help in Hawaii

Die Rooikruis-organisasie sê hulle help waar hulle kan in Hawaii waar die dodetal in die veldbrande op die eiland Maui tot 99 gestyg het, terwyl honderde mense nog vermis word. Meer as 2 500 strukture is in die vakansie-kusdorp Lahaina in puin gelê, waarvan meer as 80 persent huise was. Talle slagoffers is in motors gevind waar hulle deur die vlamme oorval is. Snuffelhonde word in die soektog na slagoffers ingespan, maar hulle kon nog net drie persent van die afgebrande gebied fynkam. Die brand is die ergste natuurramp in Hawaii se geskiedenis. Die woordvoerder van die Rooikruis, Evan Petersen het met CNN gepraat…