Rössing wil ook groen gaan
Na die goeie nuus dat bedrywighede by Rössing Uranium Limited tot 2036 verleng is, is die konstruksie van ‘n sonkrag-aanleg deel van hul toekomsplanne. Rössing wil ook ‘n krag-ooreenkoms met ‘n onafhanklike kragvoorsiening onderneem. Die besturende direkteur Johan Coetzee sê dat die lewensvatbaarheidstudie wat in 2021 onderneem is toon dat daar wel genoegsame bronne is om die teiken te haal. Rössing is uiters belangrik vir die kus se ekonomie en verskaf werk aan net minder as 1 000 mense. Rössing nooi diensverskaffers van sonkrag-energie uit om hulle te kontak voor 10 Maart en die sluitingsdatum is 17 Maart om dokumente in te dien. Veston Malango hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Mynwese van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy loof Rössing wat ook die groen energie-roete wil volg.