Rugby: Springbok-oefenkamp in Kaapstad
Rugby: ʼn Groep van 14 Springbokke is tans in Kaapstad besig met ʼn oefenkamp van drie weke terwyl die wêreldkampioene hulle voorbereiding verskerp het om hulle titel later vanjaar in Frankryk te verdedig. Die kamp duur tot 10 Maart vir spelers van nasionale belang en wat ʼn blaaskans van verpligtinge in die Verenigde Rugbykampioenskap het. Volgens die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, is die hoofdoel met die kamp om die spelers se werkslading te bestuur.