Rugby: Springbokvroue takel Kanda en Spanje

Rugby: Die Springbok-vroue pak Kanada en Spanje later hierdie maand in die nasionale span se eerste ontmoeting sedert die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland verlede September. Suid-Afrika speel op 25 Maart in Madrid teen Kanada, gevolg deur ‘n toets teen die gasvrou, Spanje op 1 April. SA Rugby se hoëprestasiebestuurder vir vrouerugby, Lynne Cantwell, sê dit is ‘n wonderlike geleentheid vir die Springbok-vroue.