Russiese miljardêr sterf in helikopterongeluk 

’n Russiese miljardêr het die jongste sakeman van kriptogeld-eenhede geword wat in geheimsinnige omstandighede gesterf het nadat sy helikopter in goeie weer naby Monaco neergestort het. Entrepreneur Vyacheslav Taran, 53, is dood nadat die helikopter naby ‘n ski-oord geval het nadat hy van Lausanne in Switserland opgestyg het.  Die 35-jarige Franse vlieënier is ook in die ongeluk dood. Taran is die derde kriptogeldeenheid-entrepreneur wat die afgelope paar weke onverwags gesterf het. Die 30-jarige Tiantian Kullander is verlede week glo in sy slaap dood, terwyl kripto-miljoenêr Nikolai Mushegian by ‘n Puerto Rico-strand verdrink het nadat hy getwiet het dat hy bang was die CIA en Mossad gaan hom vermoor.