Russiese soldate verlaat Kazakstan
Meer as 2 000 Russies-geleide troepe het van Kazakstan begin onttrek. Hulle is ontplooi toe vreedsame betogings oor ‘n energie-prysverhoging in ongekende geweld verander het en dosyne lewens geëis het. Nuusagentskappe berig die besluit om vredebewaarders te ontplooi, was ‘n eerste vir die Moskou-geleide Kollektiewe Veiligheidsverdragsorganisasie, wat Rusland al dikwels ‘n NAVO-ekwivalent genoem het. Die groep was voorheen huiwerig om in te meng in die onrus in Sentraal-Asië.