SA het afname in werkloosheidskoers

Suid-Afrika het ‘n afname in die werkloosheidskoers aangeteken. Statistiek Suid-Afrika het ‘n afname van tot op 32,9 persent in die derde kwartaal van 2022 aangeteken, teenoor 33,9 persent in die tweede kwartaal. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon dat 204 000 poste tussen die tweede en derde kwartaal geskep is. Volgens Stats SA se woordvoerder, Dihlolelo Phoshoko, was daar groei in die indiensneming in die vervaardigings-, konstruksie- en vervoersektore.