SA kabinet verstaan frustrasies oor beurtkrag

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet verstaan die frustrasie van burgers en ondernemings oor die ongerief en ontwrigting wat veroorsaak word deur die voortdurende beurtkrag. Gungubele het die media toegespreek oor die uitkoms van ‘n kabinetsvergadering in Pretoria. Hy sê die ramptoestand-regulasies wat onlangs gepubliseer is deur die minister van samewerkende regering en tradisionale sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, laat die regering toe om meer doeltreffend en met die nodige spoed te reageer om die erge beurtkrag te hanteer.